Die Bybel, Filippense, Hoofstuk 2. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=11105&pid=52&tid=2&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Nuwe Testament / Filippense

Die Bybel

Efesiërs Filippense Kolossense

Hoofstuk 1 2 3 4

1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,

2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.

5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,

7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;

8 en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis.

9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,

10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,

11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.

12 Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;

13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.

14 Doen alles sonder murmurering en teëspraak,

15 sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van 'n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld,

16 deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie.

17 Maar al word ek as 'n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

18 en om dieselfde rede moet julle ook bly wees en julle saam met my verbly.

19 En ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.

20 Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;

21 want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.

22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.

23 Ek hoop dan om hom dadelik te stuur, so gou as ek sien hoe dit met my sal gaan;

24 en ek vertrou in die Here dat ek self ook spoedig sal kom.

25 Maar ek het dit noodsaaklik geag om Epafrodítus, my broeder en medewerker en medestryder, julle afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

26 want hy het na julle almal verlang en was besorg, omdat julle gehoor het dat hy siek was.

27 Want hy was ook siek tot by die dood; maar God was hom barmhartig, en nie hom alleen nie, maar ook my, dat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28 Ek het hom dus des te spoediger gestuur, sodat julle hom kan sien en julle weer verbly en ek minder bedroef kan wees.

29 Ontvang hom dan in die Here met alle blydskap en hou sulke manne in eer.

30 Want ter wille van die werk van Christus het hy tot naby die dood gekom en sy lewe gewaag om aan te vul wat julle kortgekom het in die diensbetoning aan my.

<< ← Prev Top Next → >>