Die Bybel, Spreuke, Hoofstuk 23. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10651&pid=22&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Spreuke

Die Bybel

Psalms Spreuke Prediker

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31

1 Sit jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,

2 en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.

3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.

4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.

5 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!

6 Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.

7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

8 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.

9 Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.

10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.

11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

12 Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.

13 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

15 My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

16 En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

17 Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.

18 Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

19 Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.

20 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

21 Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

24 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

25 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

26 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.

27 Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.

28 Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.

29 By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.

31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:

32 op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.

33 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;

34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

35 Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie!

36 Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.

<< ← Prev Top Next → >>