Die Bybel, Spreuke, Hoofstuk 4. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10632&pid=22&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Spreuke

Die Bybel

Psalms Spreuke Prediker

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31

1 Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;

2 want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.

3 Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,

4 het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.

5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

6 verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.

7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

8 Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.

9 Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.

10 Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.

11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

12 as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.

13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.

14 Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

15 Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;

16 want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.

17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

18 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

19 is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.

20 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,

21 laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.

22 Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.

23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.

24 Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.

25 Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

27 wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.

<< ← Prev Top Next → >>