Die Bybel, 1 Kronieke, Hoofstuk 10. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10348&pid=15&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 1 Kronieke

Die Bybel

2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

1 En die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.

2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.

3 En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.

4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.

5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het.

6 So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe.

7 Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.

8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.

9 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.

10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.

11 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,

12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.

13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,

14 maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.

<< ← Prev Top Next → >>