Die Bybel, Nehemia, Hoofstuk 7. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10420&pid=18&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / Nehemia

Die Bybel

Esra Nehemia Ester

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13

1 En toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.

2 En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel--want hy was 'n getroue man en godvresend bo baie--

3 en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4 En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.

5 Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om 'n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6 Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7 wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

8 die kinders van Parhos, twee duisend een honderd twee en sewentig;

9 die kinders van Sefátja, drie honderd twee en sewentig;

10 die kinders van Arag, ses honderd twee en vyftig;

11 die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, twee duisend agt honderd en agttien;

12 die kinders van Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

13 kinders van Sattu, agt honderd vyf en veertig;

14 die kinders van Sakkai, sewe honderd en sestig;

15 die kinders van Bínnuï, ses honderd agt en veertig;

16 die kinders van Bébai, ses honderd agt en twintig;

17 die kinders van Asgad, twee duisend drie honderd twee en twintig;

18 die kinders van Adoníkam, ses honderd sewe en sestig;

19 die kinders van Bigwai, twee duisend sewe en sestig;

20 die kinders van Adin, ses honderd vyf en vyftig;

21 die kinders van Ater, van Hiskía, agt en negentig;

22 die kinders van Hasum, drie honderd agt en twintig;

23 die kinders van Bésai, drie honderd vier en twintig;

24 die kinders van Harif, honderd en twaalf;

25 die kinders van Gíbeon, vyf en negentig;

26 die manne van Betlehem en Netófa, honderd agt en tagtig;

27 die manne van Anatot, honderd agt en twintig;

28 die manne van Bet-Asmáwet, twee en veertig;

29 die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewe honderd drie en veertig;

30 die manne van Rama en Geba, ses honderd een en twintig;

31 die manne van Migmas, honderd twee en twintig;

32 die manne van Bet-el en Ai, honderd drie en twintig;

33 die manne van die ander Nebo, twee en vyftig;

34 die kinders van die ander Elam, duisend twee honderd vier en vyftig;

35 die kinders van Harim, drie honderd en twintig;

36 die kinders van Jérigo, drie honderd vyf en veertig;

37 die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewe honderd een en twintig;

38 die kinders van Sénaä, drie duisend nege honderd en dertig.

39 Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, nege honderd drie en sewentig;

40 die kinders van Immer, duisend twee en vyftig;

41 die kinders van Pasgur, duisend twee honderd sewe en veertig;

42 die kinders van Harim, duisend en sewentien.

43 Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier en sewentig.

44 Die sangers: die kinders van Asaf, honderd agt en veertig.

45 Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd agt en dertig.

46 Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

47 die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;

48 die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;

49 die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;

50 die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;

51 die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;

52 die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;

53 die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;

54 die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;

55 die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;

56 die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.

57 Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;

58 die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

59 die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon--

60 al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: drie honderd twee en negentig.

61 En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie--

62 die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: ses honderd twee en veertig.

63 En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

64 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

65 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66 Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend drie honderd en sestig;

67 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was sewe duisend drie honderd sewe en dertig. En hulle het twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse gehad.

68 Hulle perde was sewe honderd ses en dertig; hulle muile twee honderd vyf en veertig;

69 kamele, vier honderd vyf en dertig; esels, ses duisend sewe honderd en twintig.

70 En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyf honderd en dertig priesterrokke.

71 En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend twee honderd mines.

72 En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintig duisend dragmes, en in silwer twee duisend mines, en sewe en sestig priesterrokke.

73 So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.

<< ← Prev Top Next → >>