Die Bybel, 1 Kronieke, Hoofstuk 6. is available here: https://www.bible.promo/chapters.php?id=10344&pid=15&tid=1&bid=70
Holy Bible project logo icon
FREE OFF-line Bible for Android Get Bible on Google Play QR Code Android Bible

Holy Bible
for Android

is a powerful Bible Reader which has possibility to download different versions of Bible to your Android device.

Bible Verses
for Android

Bible verses includes the best bible quotes in more than 35 languages

Pear Bible KJV
for Android

is an amazing mobile version of King James Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible BBE
for Android

is an amazing mobile version of Bible in Basic English that will help you to read this excellent book in any place you want.

Pear Bible ASV
for Android

is an amazing mobile version of American Standard Version Bible that will help you to read this excellent book in any place you want.

BIBLE VERSIONS / Die Bybel / Die Ou Testament / 1 Kronieke

Die Bybel

2 Konings 1 Kronieke 2 Kronieke

Hoofstuk 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29

1 Die seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

2 En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ussiël.

3 En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.

4 En Eleásar was die vader van Pínehas; Pínehas van Abisúa;

5 en Abisúa van Bukki; en Bukki van Ussi;

6 en Ussi van Serágja; en Serágja van Mérajot;

7 en Mérajot van Amárja; en Amárja van Ahítub;

8 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Ahímaäs;

9 en Ahímaäs van Asárja; en Asárja van Jóhanan;

10 en Jóhanan van Asárja; dit is hy wat die priesteramp bedien het in die huis wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11 En Asárja was die vader van Amárja; en Amárja van Ahítub;

12 en Ahítub van Sadok; en Sadok van Sallum;

13 en Sallum van Hilkía; en Hilkía van Asárja;

14 en Asárja van Serája; en Serája van Jósadak;

15 en Jósadak het saamgegaan toe die HERE Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.

16 Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.

17 En dit is die name van die seuns van Gersom: Libni en Símeï.

18 En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël.

19 Die seuns van Merári was Magli en Musi. En dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families:

20 van Gersom--sy seun was Libni, sy seun Jahat, sy seun Simma,

21 sy seun Joag, sy seun Iddo, sy seun Serag, sy seun Jéatrai.

22 Die seuns van Kehat was: sy seun Amminádab, sy seun Korag, sy seun Assir,

23 sy seun Élkana, en sy seun Ébjasaf, en sy seun Assir,

24 sy seun Tahat, sy seun Uriël, sy seun Ussia, en sy seun Saul.

25 En die seuns van Élkana was: Amásai en Ahimot en Élkana;

26 die seuns van Élkana: sy seun Sófai, en sy seun Nahat,

27 sy seun Elíab, sy seun Jeróham, sy seun Élkana.

28 En die seuns van Samuel: die eersgeborene Joël, en die tweede Abía.

29 Die seuns van Merári was: Magli; sy seun Libni, sy seun Símeï, sy seun Ussa;

30 sy seun Símea, sy seun Haggía, sy seun Asája.

31 En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die HERE vandat die ark 'n rusplek gevind het.

32 En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.

33 En dit is hulle wat in diens gestaan het saam met hulle seuns: van die seuns van die Kehatiete: Heman, die sanger, die seun van Joël, die seun van Samuel,

34 die seun van Élkana, die seun van Jeróham, die seun van Éliël, die seun van Toag,

35 die seun van Suf, die seun van Élkana, die seun van Mahat, die seun van Amásai,

36 die seun van Élkana, die seun van Joël, die seun van Asárja, die seun van Sefánja,

37 die seun van Tahat, die seun van Assir, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag,

38 die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.

39 En sy broer was Asaf, wat aan sy regterhand gestaan het; Asaf was die seun van Berégja, die seun van Símea,

40 die seun van Mígael, die seun van Baäséja, die seun van Malkía,

41 die seun van Etni, die seun van Serag, die seun van Adája,

42 die seun van Etan, die seun van Simma, die seun van Símeï,

43 die seun van Jahat, die seun van Gersom, die seun van Levi.

44 En hulle broers, die seuns van Merári, aan die linkerhand, was: Etan, die seun van Kisi, die seun van Abdi, die seun van Mallug,

45 die seun van Hasábja, die seun van Amásia, die seun van Hilkía,

46 die seun van Amsi, die seun van Bani, die seun van Semer,

47 die seun van Magli, die seun van Musi, die seun van Merári, die seun van Levi.

48 En hulle broers, die Leviete, was bestemd vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God.

49 Maar Aäron en sy seuns het offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, vir al die werk in die Allerheiligste en om versoening te doen vir Israel, net soos Moses, die kneg van God, beveel het.

50 En dit is die seuns van Aäron: Eleásar was sy seun, Pínehas sy seun, Abisúa sy seun;

51 Bukki sy seun, Ussi sy seun, Serágja sy seun,

52 Mérajot sy seun, Amárja sy seun, Ahítub sy seun,

53 Sadok sy seun, Ahímaäs sy seun.

54 En dit was hulle woonplekke volgens hulle laers in hulle grondgebied--aan die seuns van Aäron, aan die geslag van die Kehatiete, want aan hulle was die eerste lot.

55 Aan hulle dan is gegee: Hebron, in die land Juda, met sy weiveld daar rondom;

56 maar die saaigrond van die stad en sy dorpe het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, gegee.

57 En aan die seuns van Aäron het hulle die vrystad Hebron en Libna gegee met die weiveld daarvan, en Jattir en Estemóa met die weiveld daarvan,

58 en Hiles met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,

59 en Asan met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld;

60 en van die stam van Benjamin: Geba met sy weiveld, en Alémet met sy weiveld, en Anatot met sy weiveld. Al hulle stede in hulle geslagte was dertien stede.

61 En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.

62 En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.

63 Aan die seuns van Merári volgens hulle geslagte uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon deur die lot, twaalf stede.

64 En die kinders van Israel het aan die Leviete die stede met hulle weiveld gegee:

65 hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Juda en uit die stam van die seuns van Símeon en uit die stam van die seuns van Benjamin hierdie stede gegee wat hulle met die naam genoem het.

66 En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat--die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.

67 En hulle het aan hulle die vrystad Sigem met sy weiveld, op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld gegee;

68 en Jókmeam met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld,

69 en Ajalon met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld;

70 en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld--vir die geslag van die ander seuns van Kehat.

71 Aan die seuns van Gersom uit die geslag van die halwe stam van Manasse: Gólan in Basan met sy weiveld, en Astarot met sy weiveld;

72 en uit die stam van Issaskar: Kedes met sy weiveld, Dáberat met sy weiveld,

73 en Ramot met sy weiveld, en Anem met sy weiveld;

74 en uit die stam van Aser: Masal met sy weiveld, en Abdon met sy weiveld,

75 en Hukok met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld;

76 en uit die stam van Náftali: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammon met sy weiveld, en Kirjatáim met sy weiveld.

77 Aan die ander seuns van Merári uit die stam van Sébulon: Rimmóno met sy weiveld, Tabor met sy weiveld;

78 en oorkant die Jordaan van Jérigo, aan die oostekant van die Jordaan, uit die stam van Ruben: Beser in die woestyn met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,

79 en Kédemot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld;

80 en uit die stam van Gad: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,

81 en Hesbon met sy weiveld, en Jaéser met sy weiveld.

<< ← Prev Top Next → >>